Ek is 'n dagmoeder wat gaan open 07 Januarie 2013. Ek is gevestig in Lindhaven, Roodepoort en die kleuters sal by my huis saam met my wees. Beskikbaar vir kinders tot 5 jaar en naskool kinders in my omgewing.
Let wel dat ek nie 'n kleuterskool is nie maar 'n dagmoeder waar ek u kan verseker julle kinders veilig sal wees. Dit is vir my wel belangrik dat die kleuters vanaf 2 jaar onderrig moet kry en dit is hoekom ek daaglikse aktiwiteite met hulle sal doen volgens temas. Hulle sal ook elke dag gebalanseerde etes kry.
Belangrike inligting:
Woensdae en Vrydae sal snoepie dag wees waar u dan 'n bedraggie saam met jou kleuter kan stuur wat hy/sy kan spandeer. Vir die oorblywende dae van die week sal ek verkies dat geen lekkergoed saam hulle gestuur moet word nie. Die ouer is wel verantwoordelik om vir u kleuter elke dag 'n peuselhappie in te pak vir ons 10h00 peuseltyd.
Spesiale daggies sal ook gereel word deur die jaar, maar ek sal die ouers vroegtydig verwittig wat dit sal wees en/of daar kostes daaraan verbonde sal wees of nie.
Karakterland sal reg deur die jaar oop wees,maar sluit wel in Desember vir 3 weke. Dit sal gewoonlik die laaste 2 weke in Desember en die eerste week in Januarie wees. Volle maandelikse fooi is wel betaalbaar. Fooie vir Januarie kan voor of op 31 Desember in rekening inbetaal word met die registrasie gelde. Ek sal wel oop wees skoolvakansie tye, maar nie openbare vakansiedae nie. Geen ekstra sal gevra word vir die kleuters en bestaande naskool kinders gedurende skoolvakansies nie. Ek sal ook beskikbaar wees vir skoolgaande kinders wat nie by my voltyd is nie in vakansietyd teen R40-00 'n dag. Ek weet dit soms moeilik vir ouers om iemand te kry vir hulle skool kindertjies in vakansie tye.
Maandelikse fooie is betaalbaar voor of op die 1ste van elke maand. Rekeninge sal uitgestuur word.
Kleuters wat medikasie moet ontvang gedurende tye by die dagskool sal dit alleenlik kry as die ouers dit in my boek aangeteken het. Dit word gedoen vir die veilgheid van die kleuters.
Geen persoon sal toegelaat word om die kleuters af te haal in die middae nie, behalwe die persone wie die ouers aangewys het op hulle aansoekvorm of as daar met my gereel is.
Vir verdere inligting is u welkom om my te kontak.